Aardhaan (astrologie)

己酉

Die Aardhaan (己酉, jǐyǒu) is die 46ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die sesde Hemelstam (己, ; die element Aarde en Jin) met die 10de Aardtak (酉, yǒu), gesimboliseer deur die Haan (鷄, ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Aardhaanjaar het in 1969 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 17 Februarie 1969 tot 5 Februarie 1970.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search